Groot kuier en bederf vir Pioneer House inwoners
Van die inwoners en personeel van Pioneer House Akkommodasie in Vanderbijlpark het die week op 'n lekker bederf-noot afgeskop.
VANDERBIJLPARK – Maandagoggend het die bestuur en ongeveer 50 inwoners van die Pioneer House Akkommodasie vlak voor 10:00 by die pasgeopende Hennie’s Restaurant bymekaargekom.

Die tafels was gedek en die personeel het die bejaardes en ander inwoners vriendelik gegroet en na hul sitplekke geneem.
Die oggend is moontlik gemaak deur die Palms Mall. Fanie de Jongh sê die plan is om in die volgende paar maande meer besighede te kry om ‘n ontbyt vir inwoners van verskeie tehuise vir bejaardes te borg.

Almal het die oggend terdee geniet en Sonja van Rhyn van die Pioneer House het gesorg dat die inwoners vrolik handeklap en blaf saam met Hennie’s se personeel.
