Local newsNews
Helpende Hand reik uit na kerke
As deel van Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark se visie vir gemeenskapsontwikkeling het hul onlangs kerkleiers bymekaargetrek vir ontbyt. Lees meer...
VANDERBIJLPARK – Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark het as deel van hul gemeenskapsontwikkeling ‘n kerke-ontbyt op 21 Mei aangebied.
Kerkleiers, sakelui en ander verteenwoordigers is toegespreek rakende die belangrikheid van netwerke en die kerke se rol in die gemeenskap.
Die uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand Hannes Noëth het met die kerkleiers gesels oor hoe belangrik netwerkbetrokkenheid is en die rol wat kerke daarin kan speel.
Indien daar nog kerkleiers is wat betrokke wil raak kan hul Johann Viljoen kontak by 082 709 5809.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
