Local newsNewsNews
Bruid van die Jaar: Inskrywings is gratis!
Bruide van die Vaal en omliggende dorpe (Vereeniging, Meyerton, Vanderbijlpark, Sasolburg, Parys, Frankfort en Vredefort) wat in 2025 die knoop deurhaak word genooi om aan Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem.
Die kompetisie is reeds goed op dreef met heelwat inskrywings, maar ons soek nog! Ons wil met die bruide op ons blaaie spog..
Net soos al die vorige jare sal daar weer pryse op die spel wees.
Stuur dus jou mooiste troufoto (alleen, of as jy verkies saam met manlief) met die nodige inligting (jul name en van, van watter dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penelope@mooivaal.co.za
Al die 2025 inskrywings sal in Vaalweekblad verskyn en sal ook deurlopend op ons webtuiste beskikbaar wees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
