Local newsNewsNews

Abby steel die kollig (en harte)

VANDERBIJLPARK - So elke dan en wan is daar 'n plaaslike inwoner wat dit regkry om sonder baie moeite die kollig te steel (hulle is gewoonlik troeteldiere), en die keer was dit die amper twee jaar oue Labrador, Abby, wat harte bekoor het.

Want wat is nou ouliker as Abby wat met sonbril en al haar plek op die passasiersitplek inneem en soos ‘n regte lady die ander motoriste dophou.

Dit was vir Jackie Botha so oulik dat sy ‘n foto geneem en dit op Vaalweekblad se Facebook gedeel het met die boodskap:

“Die ou met die Wit Polo. Jy wen die prys vir die beste pick-up line om dates te kry. Jou hond is te pragtig. En hoe hy sy gesig gooi terwyl jy ry, dit het ons dag gemaak”.

Niemand het toe besef dat Abby eintlik ‘n sy is nie.

Arno du Plessis van Vanderbijpark met sy geliefde Abby op sy skoot. Foto’s: Elsje Vermeulen

Meer as 550 ander inwoners het Jackie se mening op ons Facebook beaam. Daar was selfs versoeke dat Vaalweekblad die hond en eienaar opspoor omdat mense so bietjie meer van hulle wou weet.

Vaalweekblad het dus soos ‘n wafferse spoorsnyhond aan die werk gespring en hulle uitgesnuffel.
Arno du Plessis (27) was nogal verbaas oor al die belangstelling, maar was vriendelik en bereid om meer oor homself en sy Abby te deel.

Hy en Abby bly saam met ouma Marriet. Wanneer Arno by die werk is, is Abby dus ouma Marriet se baba (sy is net so lief vir Abby).

Met my aankoms word ek met ‘n opgewonde geblaf en boude al swaaiend by die deur begroet (natuurlik deur Abby). Sy is ‘n liefdevolle labbie wat sommer dadelik jou hart steel … en ook op jou skoot probeer sit.

Sy ry gereeld so saam met Arno rond. Met korter afstande sit sy langs hom soos ‘n volwaardige passasier, en wanneer hulle die lang pad Carolina toe vat om vir Anro se ouers te gaan kuier, slaap sy die hele 350km op die agtersitplek.

Abby was effens versigtig toe die kamera se flits afgaan.

Behalwe vir rond rits saam met Arno, is Abby ook baie lief vir swem en om saans haar bed met Arno te deel. O ja, en natuurlik treats omdat sy so oulik is.

Die beste nuus is dat danksy al die bloodstelling, daar ‘n skenking van ‘n nuwe bril aan Abby was.

So as julle die dame weer sien, sal sy waarskynlik haar nuwe bril aanhê, wees maar op die uitkyk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button