VEREENIGING – Een van die Vaal se bekendste Country sangers, Lion Jay, of Leon Jacobs soos sy vriende hom ken, het tans verskeie treffers op verskillende radio stasies se Top 20 lyste.
Sy treffer I wish it was me is nou al 10 weke op IFM se South African Country Top 10, terwyl sy jongste enkelsnit, At 50 years, tans die 12de plek beklee op Vaal Stereo se Top 20.
Op 25 Mei was hy ook deel van die SACMAF ANNUALLY HOGWILD MUSIC EXTRAVAGANZA 2025 wat in Boksburg gehou is. Hier het hy saam met groot name in die bedryf soos Scallywag, Jennifer Zamudio, Suzette Jacobs en mede-Vaaldriehoekers Leonardo en Vernon Muso opgetree.
At 50 years is middel April vrygestel en onlangs het die snit se video ook die eerste keer sy verskyning op YouTube gemaak.
Dis ‘n lied wat die hartsnare roer en soos elkeen van sy ander treffers dadelik bekoor.
Lion Jay sê: “Hierdie liedjie is ‘n huldeblyk aan die wysheid en groei wat met ouderdom kom. Dit gaan oor die viering van die self en kennis opgedoen deur die hoogtepunte en laagtepunte, die oorwinnings en uitdagings, en die skoonheid van die lewensreis wat nog voorlê.”
