Local newsNews

Fees om Afrikaans te vier, groot sukses

Trots op elke skool en dans studio wat deelgeneem het aan Kunstedraai se Afrikaans is 100 Feesweek. Klik op die skakel vir meer en deel jul foto's van die week in die kommentaar.

VANDERBIJLPARK – Kunstedraai se Afrikaans is 100 Feesweek het goed afgeloop. Deur die loop van die week het verskeie skole en dansskole hul draai op Kunstedraai se verhoog gemaak, elke keer voor ‘n volgepakte saal.

Aiden Visser en Zanica Kemp in die ADK se juniors se drama, Dino. Foto: Gerda Bruinette

Daar is op Afrikaanse liedjies ballet gedoen en almal het hul bydrae gelewer, van die beginners tot by die meer gevorderde ballerinas.

Die dramagroepe het ook nie teruggestaan nie en hul beste gegee, alles in Afrikaans. Die Vrydagaand was die Akademie vir Dramakuns se juniors en seniors aan die beurt om hul komedies op te voer.

Die ontwerper van die wiel (Daniël van Helden) verduidelik vir Dino Dinousourus (Nieke Fourie) hoe werk die wiel, wat net daarna van die verhoog af gerol en bo-op die joernalis se voete beland het. Foto’s: Gerda Bruinette

Daar is ook ‘n komedie deur Hoërskool Driehoek opgevoer en On Pointe Dansskool het ‘n paar roerende danse gedoen.

Alles het nie heeltyd seepglad verloop nie, soos toe die oermens wat die wiel ontdek het op ‘n stadium die wiel (gelukkig uit karton gesny) verloor en dit op die joernalis in die voorste ry se voete beland het.

Alles is met oorgawe gedoen en al die akteurs en dansers het harte gesteel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button