Local newsNews

Manie Jackson se broer onverwags oorlede

Leon Jackson was sedert 1997 deel van die Vaaldriehoek se motorbedryf. Ons simpatie aan sy familie, gesin en vriende.

VANDERBIJLPARK – Leon Jackson(51), ouer broer van die bekende sanger, Manie, is op 29 Mei na ‘n kort siekbed oorlede.

Manie sê sy broer het van hoofpyn gekla en is in die hospitaal opgeneem waar bevind is dat hy ‘n ligte beroerte gehad het. Hy is later ontslaan, maar is ‘n paar dae later weer opgeneem omdat hy kortasem was.

Die keer is hy na Midvaal-hospitaal gestuur waar die hart-en longchirurg ‘n biopsie op sy een long sou doen. Die biopsie is27 Mei gedoen en Leon was vir twee dae in die intensiewesorgeenheid.

Hy is die 29ste na ‘n gewone saal oorgeplaas, maar is dieselfde dag oorlede. Daar is bevind dat hy aggressiewe longkanker gehad het.

Leon was vanaf 1997 ‘n Vaaldriehoeker, en het as ‘n motorverkoopsman eers by die bekende Fouché Motors gewerk totdat hy in 2020 by Koos en Mike Motors aangesluit het, waar hy die afgelope 25 jaar deel van die span was.

Hy sou op 8 Junie sy 52ste verjaardag vier. “Daar is ‘n groot gat hier in my bors, soos ek hier tik, want van ons vyf seuns, is daar nog net drie oor, en mens besef net weereens dat tyd op aarde, vir ons geleen is… Baie sterkte aan sy vrou en dogters, my moeder, en my ander twee broers, asook elkeen wat hom geken het en sy lewe gedeel het… Ons gaan jou mis, my broer,” het Manie op sy Facebookblad geskryf.

Hy het later aan Vaalweekblad gesê hy Leon en Manie Jackson op Manie se troudag. het verlede Sondag opgetree en skielik het ‘n ou foto van sy pa, Robbie Jackson, sy tweede oudste broer, Jaco, en Leon in sy kop opgekom waar die drie jare gelede by ‘n Mighty Men-konferensie was.

“Ek het baie hartseer geword, want my broer, Jaco, wat ‘n speur-sersant in die SAPD was, is oorlede op 24 Julie 2016, op 45 en my pa op 14 Januarie 2017 op 68.

“Ek was op die punt om my lied, My Pa in die Hemel te sing en ek kon nie die laaste twee reëls sing nie. Vier dae later is Leon toe ook oorlede.” Leon se begrafnis het 5 Junie in Irene, Centurion plaasgevind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button