Local newsNewsNews

Bruide genooi om gratis deel te neem

Bruide van die Vaal en omliggende dorpe (Vereeniging, Meyerton, Vanderbijlpark, Sasolburg, Parys, Deneysville, Frankfort en Vredefort) wat in 2025 die knoop deurhaak word genooi om aan Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem.

Vaalweekblad se Bruid van die Jaar 2025 is volstoom aan die gang en ons spog reeds met heelwat inskrywings.

Inskrywings is gratis en net soos al die vorige jare sal daar weer pryse op die spel wees.

Stuur dus jou mooiste troufoto (alleen, of as jy verkies saam met manlief) met die nodige inligting (jul name en van, van watter dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penelope@mooivaal.co.za

Al die 2025 inskrywings sal in Vaalweekblad verskyn en sal ook deurlopend op ons webtuiste beskikbaar wees.

Amore en Marius Marais van Vaalpark is op 20 April getroud.
Lize en Denan Botha van Drie Riviere, Vereeniging is op 24 Mei getroud.
Anné en Phillip Koen van Vereeniging is op 15 Februarie getroud.
JJ & Jean-Mari Ekkerd van Sasolburg is op 3 Mei getroud.
Bernardus en Justine Fourie van Meyerton is op 2 Mei getroud.
Majanke en Johan Taljaard van Vanderbijlpark is op 26 Maart getroud.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button