Local newsNews

Ek sê maar net…. Die winter het blykbaar voordele ook

RUBRIEK - Terwyl ons hoeka in 'n kouefront vasgevang is, het ek net gewonder wat is die voor - en nadele van die winter?

RUBRIEK – “Skryf bietjie oor die voordele van Winter in Suid-Afrika” boodskap my voormalige Engelse matriek onderwyseres my.

Die voordele van Winter? Dis nou iets waaraan ek nog nooit gedink het nie. Ek koers sommer met my ekstra sterk koffie en al na myse Ford, Mich, om eers oor die saak te dink.

Meeste mense wat ek ken hou nie van die winter nie. Die nadele van hierdie seisoen kan ek vinnig afrits. Die baie lae klere wat mens laat voel soos die Michelin mannetjie. Die ekstra wasgoed en die klere wat nie in die winterson wil droog word nie. Die kort dae en lang nagte.

Opstaan in die winter is ‘n gesukkel vir my, want buite is dit nog nag en in die middae is jy skaars tuis dan is dit al donker. Boonop is dit mos die tyd wat griep en verkoue met mag en mening kop uitsteek.

Teen die tyd wat my koffiebeker se bodem begin wys, draai my denke stadig in die rigting van die winter se voordele.

Die grootste hiervan is dat Suid-Afrika ‘n kort winter het. Maksimum drie maande en dan is ons terug in ons kortmouhemde en sandale. Regtig koud word dit darem nie hier in die Vaaldriehoek nie. Net as ‘n kouefront verby kom.

Andersins is dit soos wat ek onlangs oor die radio gehoor het. Die persoon wat die weerberig gedoen het, het verklaar “dis amper tyd om twee kortbroeke te begin dra.”

Dis nou nie soos wat my Twin uit Swede berig nie. Sy vertel my hulle is so bly dis Lente, die temperature is al ‘n sonnige 13°C. Hul Somertemperature draai by 21.

In die winter is dit chronies onder vriespunt en die son maak skaars sy verskyning.

Die kant van die aardbol is die winter natuurlik ook die tyd vir lekker kos. Bredies, potjiekos, tuisgemaakte sop, en kerrie en rys. Onder jou gunsteling kombers lees of televisie kyk.

Wintertyd is ook rugbytyd. Ja, ek weet daar is nou se dae amper heel jaar rugby, maar die Springbokke se toetse begin in die winter. Dit bly maar een van my groot lekkertes, om Springbok-rugby te kyk met genoeg eet en drinkgoed.

Dis sodat ek nie in spanningsvolle oomblikke naels begin kou of te veel in vreemde tale spreek, soos wat ds. Hartzenberg altyd gesê het as iemand Afrikaanse kragwoorde uiter nie.

Dink tog die seisoen het meer nadele as voordele, vir my altans. Bly warm, eet lemoene en naartjies en wees bly die son skyn.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button