Ons weet wat ons weet
Half moeilik om te glo, maar daar was ‘n tyd wat Google, die internet en sosiale media nie bestaan het nie. Gerda Bruinette het by On Pointe Dansskool gaan hoor wat hulle dink mense gedoen het voor die internet.
Aleah Vermeulen Mense het gedans en buite gespeel.

Annie van Jaarsveld Hulle het ink gevat en op daai rolle geteken. Dan het hulle buite gespeel met takke en stokke en boomgom. Die kinders het inligting vir hul skooltake by hul voorvaders gekry.

Lizandri Oosthuizen Dalk het hulle buite gespeel en dalk het hulle kos gemaak en ander goed. Hulle het al hul inligting by die juffrouens gekry.

Kaylee-Ann Combrink Die mense het met mekaar gepraat en goeters gemaak soos klere. Hulle het alles self gemaak en daar was telefone.

Noma Mqumbisa They wrote letters and read books.

Abigail Nagel They read books, played with their friends, and got all their information from books.

