Local newsNews

Wêreld MS bewusmakingsdag met piekniek gevier

MS Hoop sê dankie op Wêreld MS dag.

SASOLBURG – 30 Mei was Wêreld Veelvuldige Sklerose Dag en op 31 Mei het die Vaaldriehoek se MS Hoop die dag gevier deur piekniek te hou vir al hul getroue ondersteuners.

Van die MS Hoop lede uit die Vaaldriehoek kry bietjie kuiertyd saam.

Die geleentheid het Saterdagmiddag in Noordskool se saal plaasgevind waar alles in oranje en wit getooi was.

Oranje is amptelik die kleur wat met veelvuldige sklerose (MS) gediagnoseer word. MS Hoop se Rozaan Steyn en haar ouers Ansie en Steyn het vroegoggend opgestaan om al snoeperye vir die individuele piekniekboksies te pak.

Bo-op elke piekniekboksie het MS Hoop die volgende boodskap oorgedra: “There are friends, there are family & then there are friends that become family.”

Die middag is daar ook speletjies gespeel en die MS lyers het geleer watter tipe oefening hul nog kan doen om hul spiere so ver moontlik soepel te hou.

‘n Spesiale oranje ballon gelaaide hoek het die ideale plek gemaak waar lyers en ondersteuners foto’s kon neem saam met MS Hoop se twee gelukbringers, die teddiebere Trompie en Saartjie.

Rozaan Steyn met MS Hoop se gelukbringers Trompie en Saartjie

“Ons wou net vir ‘n slag dankie sê vir ons ondersteuners, helpers, familie, vriende en die media wat altyd daar is vir ons en die pad so getrou saam met ons loop,” het Rozaan gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button