Local newsNews

Kunsuitstalling by Sasolburg biblioteek

Die Vereeniging Arts Society bestaan al sedert 1973 en sedertdien het hul kunswerke net verbeter.

SASOLBURG – Die Vereeniging Art Society se jaarlikse uitstalling word hierdie jaar in die voorportaal van die Sasolburg Openbare Biblioteek gehou.

Jane Zaiba en Lesley Fell voor van die Vereeniging Art Society se skilderye. Foto: Gerda Bruinette

Die uitstalling kon tot 6 Junie besigtig word en het bestaan uit verskeie uitsonderlike skilderye. Die uitstalling is amptelik op 31 Mei geopen.

Op dieselfde middag het Vereeniging Art Society ook ‘n resepteboek bekendgestel, Art Eats and Treats, wat tekeninge en resepte van die verskillende lede bevat.

Die boek is saamgestel deur Charlotte Bresser. Voorsitter Mattie Joubert het gesê die Art Society vier die jaar hul 53ste bestaansjaar. Tans het hulle by die 50 lede en geniet almal hul maandelikse kompetisies en ander bedrywighede.

Vir meer inligting oor hoe om by die Vereeniging Art Society aan te sluit, of waar om die boek te koop, kontak gerus vir Mattie by 082 566 0527.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button