Local newsNews

‘Net pappa kan ‘n vleggie maak’ – Maruche (7)

Dis Vadersdag en Vaalweekblad het bietjie die storie uit 'n pa se oogpunt gaan hoor....

VANDERBIJLPARK – Maruche Herbst is haar pa, Francois se jongste dogter. Sy oudste bly by sy eerste vrou en is al groot, maar vir die drie jongstes is hy die pa wat hy altyd wou wees.

Geduldig, betrokke of soos sy vrou, Nadine dit stel: “obviously awesome, lekker en taai.” Francois skud net kop. Hy doen wat hy doen omdat hy dit wil doen.

Francois Herbst saam met sy drie jongste spruite, Maruche, Franco en Ruardt. Foto verskaf Nadine Herbst

Sy kinders weet waar is die grense, hulle is gedissiplineerd, maar bowenal weet hulle, hul pa is altyd daar vir hulle. Hy erken hy is dalk nie so hard op sy dogter soos die seuns nie.

“Jy weet mos, ‘n ma maak ‘n vrou groot en ‘n pa maak ‘n prinses groot,” beduie hy. Ook nou nie sy skuld klein Maruche (7) dink hy kan haar hare beter vleg as haar ma nie.

“Ek was die enigste kind, so te veel kinders bymekaar freak my uit, maar vir my eie kinders sal ek enige iets doen,” erken hy. Die twee seuns, Franco (12) en Ruardt (9) wil altyd soos hul pa lyk.

Hy het sommer van dag een af ‘n band met elkeen gehad, want Francois was daar om Maruche, Ruardt en Franco hul eerste bad te gee as pasgebore babas.

Hy is ook die een na wie hulle toe gaan as hulle ‘n skrapie kry of velle nerfaf val. Hulle weet hul pa sal apie-bloed (Mercurochrome) aansit en dan is alles sommer weer beter.

Die gesin het heelwat tradisies, soos dat Francois met elkeen op hul verjaarsdag dans en elke jaar wanneer hulle see toe gaan kry elkeen ‘n nuwe opblaasbal. Tydens beurtkrag word daar basketbal gespeel en stories vertel.

Wanneer hy hulle skool toe neem, kan elkeen ‘n liedjie kies en dan word daar lekker saamgesing. “Voordat hulle by die skole uitklim moet hulle elkeen eers sê: ‘Ek is mooi. Ek is sterk. Ek is oulik en slim,” vertel Francois.

Sy ouers was nooit betrokke by sy sportaktiwiteite nie. Juis daarom maak hy ‘n punt daarvan om daar te wees as een van hulle aan iets deelneem. “Hy het begin Action Netbal speel sodat hy netbal beter kan verstaan, want Maruche speel dit,” lag Nadine, maar haar oë straal van trots.

Vadersdag is vir Francois nie ‘n dag waarop hy net bederf moet word nie. “Ek gee vir elkeen ook ‘n geskenk, want sonder hulle sou ek nie ‘n pa gewees het nie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button