Local newsNewsNews

Glam guru swaai sy towerstaf by DF

Alles waaraan hy raak word mooier

VANDERBIJLPARK – Wanneer dit by velversorging, grimering en hare kom is daar net een naam wat opkom: Hannon.

Die welkende Suid-Afrikaanse glam guru het vroeër vandeesmaand by die Laerskool D.F. Malherbe se damestee kom kuier en dit was ‘n belewenis. Sowat 350 dames het aan sy lippe gehang terwyl hy verskillende wenke en fynere kunsies van grimering en haarstillering gedeel het.

Elsa Louw speel model vir Hannon.

Dit was ‘n oggend propvol bederf en ontspan. Hannon wat bekend is vir sy vlymskerp humorsin en sê-goed het die gehoor met sy charisma en kennis om sy pinkie gedraai.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button