Local newsNewsNews

ZamJammers zmile zommer breed

VANDERBIJLPARK - Sharky Town was verlede Saterdagaand volgepak ... nie oor die rugby nie, nee die ZamJammers was daar vir Jennifer Zamudio se vertoning.

Daar was ‘n heerlike atmosfeer en selfs in die ysige koue het die dansvloer gekook soos wat die Valies hul gate uit geniet het.

Jennifer het van haar nuutste treffers, asook van haar mees geliefde liedjies gesing en aan die einde van die aand was die ZamJammers dit eens – “dit was weer eens ‘n great show Jen”.

Haar aanhangers het ook nie die geleentheid verby laat gaan om saam met haar vir ‘n foto of twee te glimlag nie. En Jen het belowe sy kom kuier gou weer by Sharky Town.

Jennifer Zamudio op die verhoog by Sharky Town. Foto: Elsje Vermeulen
Aanhangers het die die geleentheid laat verbygaan om foto’s te neem nie. Foto: Elsje Vermeulen
Geraldine de Beer van Vanderbijlpark saam met Jennifer Zamudio tydens haar optrede by Sharky Town.
Die Valies was nie skaam om hul ‘moves’ op die dansvloer te wys nie. Foto: Elsje Vermeulen

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button