Valies benoem vir Afri-Indie Toekennings
Veels geluk aan al die Valies benoem vir die Afri-Indie toekennings. Indien nul van nog Vaaldriehoekers weet wat deel is van Afri-Indie 2025, kontak ons asb.
VANDERBIJLPARK – Die SA Onafhanklike Kunstenaar Musiektoekennings 2025 vind plaas op 5 Augustus in die Afriforum teater in Pretoria.
Die benoemdes vir die onderskeie kategorieë is onlangs bedkend gemaak en verskeie kunstenaars uit die Vaaldriehoek sien met afwagting uit na die aand.
Sean Miles, ook bekend as die Vaaldriehoek se singende skoolhoof, is in die kategorie Best Southern Rock Single vir Heartbreak down benoem. Dis die tweede jaar wat hy vir die gesogte Afri-Indie toekennings benoem is.
Diverted Disorder is benoem vir Best Rock Single en Best Alternative Single vir hul enkelsnit Portraits.

Harry Broersma en Déjà Vu is vir ‘n tweede keer benoem. Die keer vir Beste Rock Enkelsnit vir Medikasie. Verlede jaar het hul die einste toekenning verower vir hul enkelsnit, Rof.
Victor Bravo & M*O*U is benoem vir Beste Kontemporêre enkelsnit en beste liedjieskrywer vir hul Intertwined, terwyl Ronald Hart, (‘n Pretorianer, wie gereeld by Knock Out Pub & Grill optree) benoem is vir Beste Volwasse Kontemporêre Enkelsnit vir sy liedjie, Glo.

Sterkte en voorspoed. Hou die Vaaldriehoek se naam hoog by die Afri-Indie Toekennings.
