Local newsNewsNews

SA kleure vir Sasolburg se dansers

Harde werk word met SA-kleure beloon

SASOLBURG – Leerders van Leona’s Dans Studio in Sasolburg het Suid-Afrika met trots verteenwoordig by die Internasionale Uitvoerende Kunste-kompetisie “Stars of the Universe 2025” waaraan 24 lande deelgeneem het.

Hulle het uitstaande prestasies in verskeie dansitems behaal en is beloon met Suid-Afrikaanse kleure in Vooruitvoerende Kunste, ‘n erkenning vir hul vernuf en toewyding.

Die Leerders van Leona’s Dans Studio in Sasolburg wat Suid-Afrika met trots by die Internasionale Uitvoerende Kunste-kompetisie “Stars of the Universe 2025” verteenwoordig het, is van links: Bernadine Van Wyk (goud), Ireze Fourie (goud), Daniel Lombard (goud), Jaylyn Kennon (goud), Mieshe-May Van Wyk (goud), Taylor Mundy (goud), Leah Venter (goud), Caroli Lombard (goud), Ashley Sephton (2 x goud en 1 silwer) en Chamei Van Heerden (goud). Agter van links is: Milandri Fourie (goud), Mardeli Kriel (goud en silver), Bea Barrell (goud), Sune Du Rand ( 4 x goud), Marli Beckmann (goud) en Ivanke Brits (silver).

Benewens die kompetisie prestasies, was 14 dansers ook op die verkenninglys vir RIMINI – Italiaanse Uitvoerdende Kunste Toer: Sune Du Rand, Ashley Sephton, Ireze en Milandri Fourie, Marli Beckmann, Chamei Van Heerden, Bernadine van Wyk, Mardeli Kriel, Bea Barrell, Daniel en Caroli Lombard, Leah Venter, Mieshe-May van Wyk én Jaylyn Kennon. Leona Fourie, eienaar, afrigter en choreograaf van Leona’s Dance Studio, is baie trots op haar leerlinge se prestasies en skryf dit toe aan hul toewyding, dissipline en harde werk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button