Local newsNewsNews

‘Waar is ons krag?’ wil woedende inwoners weet

VANDERBIJLPARK - Die belofte dat die elektrisiteitprobleme in die CW-areas en ander omliggende gebiede "no later than Sunday (22 June) at 21:00" afgehandel sou wees, het gekom en gegaan. Die groot vraag is nou: Hoe lank gaan dit nog neem?

Duisende huishoudings word hierdeur geraak.

Om te sê inwoners is omgekrap en gatvol is waarskynlik nie die regte woorde om gemoedere te beskryf nie. Die inwoners het hierdie maand net een week elektrisiteit gehad.

Inwoners is boosaardig kwaad en glo nou niks meer nie. En dit is met goeie reg, want almal is platsak soos wat daar ekstra moeite gedoen moet word, en geld bestee word, om kop bo water te hou.

“Drop the excuses and do your job!! The time for action has come,” het een inwoner op ELM se Facebook gedreig. Dit was maar net een van die minder aanvallende boodskappe wat oral op sosiale media is.

Wat dinge erger maak is dat daar geen deursigtigheid en behoorlike kommunikasie met inwoners is oor die vordering met die probleem nie.

Raadslid Gerda Senekal kon gister van die hek van die Town Substasie aan die binnekant gesien word.

Raadslid Gerda Senekal is probeer egter haar bes om die publiek op hoogte te hou.

Sy was gister weer op die toneel by die Town Substasie te sien. Aan haar lyftaal was dit egter gou duidelik dat daar geen hoop was dat inwoners reeds gisteraand weer krag sou hê nie.

Senekal, wat die gemeenskap wil help, was gister boonop twee keer by die substasie gyselaar gehou.

Dit wil voorkom of inwoners nou hul woede op enigeen begin uithaal.

Senekal het die nuus gedeel dat die nuwe breaker wat geinstalleer is gas lek. Die probleem sal vandag aandag geniet, maar of dit vandag opgelos sal word is steeds ‘n ope vraag.

Gerda Senekal van die VF Plus was gister verskeie kere by die Town Substasie om te sien hoe herstelwerk vorder.
Inwoners het aan die buitekant van die Town Substasie saamgedrom. Foto’s: Elsje Vermeulen
Van buite kon inwoners sien hoe daar aan die ‘breaker’ gewerk word.
Teen omstreeks 17:00 het meer en meer inwoners hul weg gevind na die Town Sustasie met hoop op goeie nuus.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button