Local newsNewsNews

Nege dekades vir Oupa Roelf

Vaalweekblad wens Oupa Roelf nog baie geseënde en gesonde jare toe.

VANDERBIJLPARK – Vadersdag was hierdie jaar ekstra spesiaal vir die Van Emmenes-familie. Dit was ‘n dubbele viering want hul pa, grootoupa en oupagrootjie, Roelf van Emmenes het op 15 Junie sy 90ste verjaardag gevier.

Helen en Roelf van Emmenes saam met hul agterkleinkind, Jiane van Emmenes

Omdat Oupa Roelf se gesondheid nie na wense is nie, het slegs die naaste familie hom vir ‘n Sondagmiddagete geneem.

Hy het sy kinderjare in Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo deurgebring. Nadat hy sy vrou, Helen, oorspronklik van die Kaap, in die Vaaldriehoek ontmoet het, het die gesin hul hier gevestig.

Die egpaar het drie kinders, vier kleinkinders en drie agterkleinkinders.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button