Local newsNewsNews

Top-gehalte perde sport aksie

SASOLBURG - Die Vrystaat Western Mounted Games Interprovinsiale kompetisie was onlangs by die Riverside Equestrian Centre aangebied en top ruiters en hul perde was in aksie.

Die kompetisie het oor die naweek van 14 tot 16 Junie gestrek, waartydens ruiters en hul perde aan 13 afdelings van die sport kon deelneem.

Altesaam128 ruiters vanuit die Vrystaat, Noord-Wes, Gauteng en Mpumalanga was oor die drie dae in aksie.

Die kampioenskap het ook gedien as ‘n Distrik Kampioenskap vir die Vrystaat. Riverside Wranglers van Sedibeng is as wenner van die distrik kampioenskap aangewys.

Die provinsiale byeenkoms het ook as kwalifiseerder vir die Nasionale kompetisie kompetisie wat in Oktober plaasvind te kwalifiseer.

Riverside Equestrian Centre was goed verteenwoordig met verskeie ruiters van die sentrum wat in aksie was.

Ava Martini met haar perd, Blue Sky Spikkels het die troffee gewen vir Best Turned Out Horse and Rider, terwyl Zelri Stiglingh met haar perd Nova, die Horsemanship-troffee verower het.

Riverside Equestrian bedank al die borge wat bygedra het tot die sukses van die byeenkoms: Vaal Toyota, Green Door Farm Products, asook Intense Treats & Creative Studios.

Belangstellendes wat meer oor die sport of oor perdery in geheel belangstel, is welkom om Santie Walters te kontak by 082 602 7451.

Isstelle Joubert op Sai in aksie in die Figure 8 Flags. Foto’s: Elsje Vermeulen

 

Ruiters moet darem eet ook.
Dewalt Joubet en Bens Alpha op spoed in vlaggies. Hulle het een van die top-tye in Figure 8 Flags behaal (12.457 s).
Het hom! Aksie in die Figure 8 Flags-item.
O gaats daar gaan die vlaggie. Ilandie Rall en Gonzalo in aksie tydens die Figure 8 Flags item.
Johan Pienaar op Blue Eye Tango in die Figure 8 Flags item.
‘n Perd en ruiter moet so te sê een wees om sukses te behaal. Die duo wag vir hul kans in die paaltjies-speletjie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button