Local newsNewsNews

Jongste President in Vaal Rotariërs se geskiedenis

Die Rotariër Klub van Vanderbijlpark bestaan al lank, maar dis die eerste keer in al die dekades wat 'n jonger generasie begin leiding neem.

VANDERBIJPARK – Die Rotariërs van die dorp was nog altyd ‘n woelige klompie met vele projekte, suksesverhale en liefdadigheidswerk op hul kerfstok oor die dekades.

Hierdie jaar het hulle die jongste president in die geskiedenis van die Rotariërs in die Vaaldriehoek ingehuldig. Zander Lintvelt is 25 en het onlangs die verantwoordelikheid as president vir die Rotariërs se nuwe jaar oorgeneem.

’n Rotariër-jaar begin wêreldwyd op 1 Julie en eindig 30 Junie. Zander sê hy het eintlik per ongeluk ‘n Rotariër geword.

Sy broer was deel van die Jeug Uitruilprogram en terwyl hy oorsee was het die Lintvelts as gaste ouers vir verskeie buitelandse studente opgetree.

Op daardie stadium was Zander nog in die koshuis in Johannesburg waar hy in 2017 by Helpmekaar College gematrikuleer het.

Daarna het hy by NWU se Potchefstroomkampus gaan swot waar hy onder andere op die studenteraad en verskeie verenigings gedien het.

Met sy LLB graad agter die rug het hy huis toe gekom en twee van die hoekstene van die Rotariër Klub in Vanderbijlpark ontmoet, vorige presidente Jackie van Waveren en Rita Benecke.

Hulle het hom ingetrek om te help om komberse en sop in die twee jaar van Covid uit te deel. So het hy al hoe meer betrokke begin raak by die klub en in 2022 het Zander amptelik lid geword.

Op daardie stadium was hy die jongste lid in die klub. Dit was Maart, teen Junie 2022 is hy tot die raad verkies met IT en Jeug as deel van sy portefeulje.

Dat hy nie op sy louere gerus het nie is duidelik, want tans is daar heelwat meer lede in hul 20’s en 30’s as ‘n paar jaar gelede.

Zander het ‘n passie vir besigheid en studeer tans B.com deur Akademia. Dan is hy ook mal oor diere, mense en reis.

“Hoe meer ons van mekaar verstaan, hoe minder oorlog sal daar wees,” reken hy. Self het hy al Suid-Afrika se buurlande, asook onder andere Engeland en Italië, besoek.

Hy geniet dit om die uitruilstudente elke jaar na plekke soos die Kruger Wildtuin te neem, “dis lekker om jou land deur ‘n ander se oë te sien.”

Vir die jaar wat voorlê hoop hy dat meer en jonger lede by die klub sal aansluit en dat almal sal saamwerk met betrekking tot die klub se projekte. “Dit gaan alles oor spanwerk en natuurlik moet mens dit geniet ook.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button