Local newsNewsNews

KYK VIDEO: Valie speel kitaar 10 dae nadat hy sy nek breek

Sy veggees is iets om te aanskou

VANDERBIJLPARK – Skaars tien dae nadat hy sy nek in ‘n rugbywedstryd gebreek het, is die 17-jarige Francois Kruger op die been en besig om kitaar te speel.

Francois het op 2 Augustus in ‘n derdespan-kragmeting vir die HS Transvalia teen HS Nelspruit sy nek in ‘n duikslag gebreek. Volgens Prof. Adrian Kelly, die spesialis wat sy noodoperasie behartig het, is dit ‘n wonderwerk dat Francois vandag loop en leef na die fratsongeluk.

Francois het na die operasie vinnig herstel. Hy het aanvanklik slegs 30 persent gebruik van sy regterarm gehad, maar nou tokkel hy die kitaar asof niks gebeur het nie.

Volgens sy ouers Carel en Liana sal hulle eintlik eers oor ses weke presies weet wat die pad vorentoe is.  “Hy sal weer ‘n MRI-skandering ondergaan waarna die dokter vir ons die pad vorentoe sal verduidelik. Aanstaande week sal hy in sagte nekstut begin slaap,” het sy ma Liana aan Vaalweekblad gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button