AdvertorialBusinessNewsSponsored

Custom Servicing & Restoration: Jou 1ste keuse vir ‘n BMW-diens!

"Custom Servicing is trots daarop dat ons RMI-akkreditasie het om aan voertuie wat nog onder waarborg is, te mag werk," sê Louis Malhou.

Ware voertuigliefhebbers verstaan die behoefte dat jy net die beste kundiges aan jou motor wil laat werk wanneer dit tyd is vir ‘n diens of restourasie. Kundiges vir wie dit nie net ‘n werk is nie, maar ‘n passie. Dit is hier waar Custom Servicing & Restoration in Duncanville in die prentjie kom.

Ontmoet Louis Malhou van Custom Servicing & Restoration, wat passievol is oor voertuie en voertuigenjins. Louis gee hier meer inligting oor die besigheid se geskiedenis en die dienste wat hy en sy span lewer:
“Dit het in 2014 begin as ‘n restourasiewinkel vir klassieke BMW’s. Oor die jare het ons ‘n groot hoeveelheid klassieke BMW’s gerestoureer waarvan sommige vir oorsese kliënte was, sowel as vir plaaslike kliënte. Ons ​​grootste trots en prestasie is ‘n 1976 BMW 530MLE wat ons vir BMW Suid-Afrika gerestoureer het vir hul museum in Midrand,” sê Louis.

“In Oktober 2022 het ons by ons nuwe werkswinkel ingetrek met gemoderniseerde toerusting, volledige kliëntegeriewe soos waskamers, ‘n ontvangsarea en ‘n gemaklike wagarea. Met gekwalifiseerde tegnici kan ons aan BMW-eienaars ‘n werkswinkel bied wat toegewy is aan diens, en die herstel en instandhouding van hul voertuie.

“Ons bied ook ‘n Saterdagoggend-diens en remdiens-opsie (“service and brake service”) vir kliënte wat nie hul motors gedurende die week kan laat diens nie. Ons is passievol oor BMW’s en bied uitstekende, vriendelike diens teen ‘n bekostigbare prys aan. Alhoewel ons in BMW’s spesialiseer, werk ons ​​ook aan voertuie van alle ander fabrikate en LDV’s, en bied dieselfde diens en toewyding aan eienaars van ander handelsmerke.

“Custom Servicing is trots daarop dat ons RMI-akkreditasie het om aan voertuie wat nog onder waarborg is, te mag werk,” sê Louis.

Custom Servicing & Restoration: Jou 1ste keuse as jy jou BMW régtig liefhet

Kontak Louis en sy span by (016) 110-0500 of besoek hulle by Custom Servicing & Restoration, Unit 1, Sunhing Building, 5 Bessemer Street, Duncanville, Vereeniging.

Louis Malhou van Custom Servicing and Restorations word beskou as een van Suid-Afrika se voorste restoureerders van BMW’s. Hier word hy gesien met van die trofeë en pryse wat hy al gewen het. Foto: Christiaan Cloete

Louis Malhou van Custom Servicing and Restorations by ‘n 1976 BMW MLE 530 model wat hy gerestoureer het. Die voertuig word as ‘n ikoon van Suid-Afrikaanse motorsport beskou en is ‘n integrale deel van die geskiedenis van BMW se M-reeks. Foto: Christiaan Cloete

Kontak Louis en sy span by (016) 110-0500 of besoek hulle by Custom Servicing & Restoration, Unit 1, Sunhing Building, 5 Bessemer Straat, Duncanville, Vereeniging.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button