News

Vrolike oggend by Jeugland

Die Groentjies en Gryses dag is deur een en almal geniet.

VANDERBIJLPARK – Einde September het die Graad R maats van Laerskool Eligwa by die inwoners van Jeugland Tehuis vir Bejaardes gaan kuier.

Die projek is gereël deur Solidariteit Helpende Hand se Vanderbijlpark Tak in samewerking met AVBOB Vanderbijlpark.

Om ‘n boontjiesakkie in ‘n gat te gooi is ‘n ernstige saak.

Die Groentjies en Gryses oggend het vir hope pret gesorg. Die oumas en oupas het elkeen ʼn speelmaat of twee vir die oggend gekry.

Oral in die saal was daar verskillende speletjies waaraan hulle dan kon deelneem.

Dis mos nou baie lekkerder as skool

Daar is ringe oor stokkies gegooi, boontjiesakkies in ‘n gat gegooi, ballonne in die lug gehou en ballonne met stukke materiaal oor en weer gegooi.

Die graad R’e het hul goed van hul taak gekwyt en seker gemaak hul bly by hul ouma of oupa vir die oggend.

Dis hoe ‘n boontjiesakkie gegooi moet word.

Waar nodig het hulle sommer self vir ouma in haar rolstoel na ʼn volgende speletjie toe gestoot.

Uiteraard het al die lag en gesels in ʼn groot lawaai ontaard, maar niemand het omgegee nie.

Die oggend het verby gevlieg en dit is moeilik om te sê wie dit die meeste geniet het, die Groentjies of die Gryses.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button