NewsNews

Eerste professionele kompetisie was taai

Clinton Samons het sy heel eerste kompetisie as professionele liggaamsbouer agter die rug. Dit was 'n tawwe stryd, maar hy is tevrede.

VANDERBIJLPARK – Clinton Samons en sy gesin kan uiteindelik bietjie ontspan na maande se intensiewe oefening en gedissiplineerde eet ter voorbereiding vir sy eerste professionele liggaamsbou kompetisie.

Clinton Samons op die verhoog tydens die IBFF Worldwide Pro Show. Foto’s michaelmaciejphotography

Die IBFF Worldwide Pro Show het 6 Desember by die Midrand Konferensiesentrum plaasgevind. Professionele liggaamsbouers van regoor Suid-Afrika het deelgeneem.

Daar was nege deelnemers in Clinton se afdeling, en al het die senuwees bietjie gekou, het hy ‘n goeie vierde plek behaal.

Hy het die verhoog gedeel met groot name in die bedryf soos JJ Brits en Murrey Laney en beskou dit as ‘n absolute voorreg.

Clinton op die verhoog tydens die kompetisie in Midrand

Clinton is dankbaar hy kon aanhou en uithou om aan die kompetisie deel te neem. Daarvoor gee hy alle eer aan God, maar spreek ook sy dankbaarheid uit teenoor sy vrou, kinders en uitgebreide familie wat daar was om hom te ondersteun.

Sy vrou Charnay, het al sy ondersteuners se gevoelens mooi vasgevat op Facebook vlak voor die begin van die kompetisie:

“Sterkte my lief. Maak nie saak wat gebeur nie, ons staan vas agter jou. En ek voel ek kan vandag sê, wow, we made it.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: [email protected]
Back to top button