Local newsNews

Koud, kouer, koudste… stap die Aldam in

Elke jaar begewe mense hul in die middel van die winter in koue water as deel van die Ysbeer Uitdaging vir liefdadigheid.

SASOLBURG – Rozaan Steyn van MS Hoop het dit weer gedoen. In die hartjie van die winter aan die Ysbeer Uitdaging deelgeneem. Vir die derde jaar in ‘n ry!

Die Ysbeer Uitdaging behels dat mense in die Aldam, geleë in die hartjie van die Vrystaat, inloop of inswem in ‘n afgemerkte area.

Amper klaar. Edelweiss Coetzer – Welman, Rozaan Steyn en Elmarie van Pletzen voltooi die Ysbeer Uitdaging 2026. Foto: verskaf Rozaan Steyn

Hierdie jaar het die organiseerders net 10 dapperes op ‘n slag laat ingaan. “Ek is bly hulle het dit so beperk, want ek hou aan die tou vas en dis moeilik as almal teen jou stamp,” vertel Rozaan.

Sy was die enigste MS-lyer wat die koue water aangedurf het. Haar ouers en familie van Welkom en Rustenburg het van die oewer af ondersteuning gebied.

Sy het saam met Elmarie van Pletzen en Edelweiss Coetzer-Welman ingegaan. “Die water het vir my kouer gevoel as verlede jaar,” erken Rozaan.

“Ons moes omtrent 20 minute gestaan en wag het om in te gaan. Ek het later vir my pa gevra om my stoeltjie, Neelsie te bring dat ek net kan sit. Ek het ook al hoe vinniger begin asemhaal, maar het besluit om voort te gaan.”

Vir Rozaan is die Ysbeer Swem meer as net ‘n uitdaging, dis vir haar ‘n dag van hoop, omgee en saamstaan vir elke MS Warrior.

Hoe koud dit ook al was, volgende jaar wil sy dit weer doen. As sy enigsins haar sin kry, sal dit volgende jaar in Sutherland wees, maar haar ouers en dokters dink nog nie dis so ‘n goeie idee nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button