Local newsNewsNews

Meer as twee ton kos vir Vaalpets ingesamel

Donateurs se goeie gesindheid maak groot verskil in diere se lewens na insamelingsprojek.

VEREENIGING – Anjelica en Pieter Bosman se liefde vir dierekinders word jaarliks  met hulle kos insamelingsprojek onderstreep.

Kort voor Kersfees 2025 het hulle sowat 2 348 kg kos vir Vaal Pets’n  diereskut in Vanderbijlpark ingesamel. In 2024 het hulle 873kg kos ingesamel maar dit is niks in vergeleke met verlede jaar se rekordpoging nie.

Dis hoe ‘n berg dierekos lyk. Meer as twee ton kos is deur Anjelica en Pieter Bosman vir Vaalpets ingesamel. Van links is: Adolph Barnard (AgriVet), Anjelica Bosman, Jo-Anne Van Den Bergh (Vaalpets) en Pieter Bosman.

“Uit ons harte uit wil ons elke persoon bedank vir julle ongelooflike bydrae.

Elke sak kos en elke bietjie moeite het ’n reuse impak gemaak op die lewens van die diere waarvoor Vaalpets tans sorg.

Dit sou glad nie moontlik gewees het, sonder Adolph Barnard en sy span by Mooilande AgriVet nie.

Dank vir die logistiek wat julle so maklik gemaak het en sommer alles vir ons afgelewer het,” het die Bosmans na die aflewering van hulle donasie gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button