NewsNews

Wat verkies jy? ʼn Spierwit wonder wêreld of SA se sonskyn?

Kyk die mooi foto's van hoe dit op die oomblik in Kolsva, Swede lyk.

SWEDE – Terwyl Gauteng ‘n besonderse bedompige tyd beleef, met donderstorms wat oor groot dele van Suid-Afrika amok maak, is Swede omskep in ‘n prentjiemooi wêreld.

‘n Mooi uitsig van die stoep af

Miempie Rheeders (oorspronklik van Suid-Afrika) sê alhoewel hul nie sneeu oor Kersfees gehad het nie, is 2026 ingewy met Anna-sneeustorm.

Sneeu is nie net mooi nie, dis harde werk ook! Tommy kry die motor sneeu vry.

Die tyd van die jaar bly dit redelik donker deur die loop van die dag en hulle moes vroeg op om paadjies skoon te vee en die motors sneeuvry te kry.

Die son wil-wil deurbreek oor die sneeubedekte aarde.

Teen Sondagmiddag was die hele landskap oordek met ʼn dik laag sneeu. Die temperatuur het tot -5°C gedaal en hulle het van die geleentheid gebruik gemaak om te gaan stap en foto’s te neem. -5° C is blykbaar ʼn gemaklike temperatuur as jy in Swede bly.

Tydens die sneeustorm op 1 Januarie

Teen Maandagoggend was die lug weer wolkloos, maar die temperatuur het tot -17°C gesak!

Miempie en Tommy durf die koue aan om in die sneeu te gaan stap.

Wat sal jy verkies die wit wonder wêreld waar die son oor Desember skaars ʼn uur geskyn het, of Suid-Afrika se warm sonskyn en donderstorm middae?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button