Local newsNewsNews
Bakkie beland op sy dak na onderstel in pad vassteek
Bestuurder stap weg met skrape en kneusplekke
SASOLBURG – ‘n Jong motoris het vanmiddag op die R57 tussen Vanderbijlpark en Vaalpark ‘n noue ontkoming gehad toe sy wit Mahindra bakkie omgeslaan het.
Volgens die bestuurde wat versoek het om anoniem te bly, het sy voertuig se ewenaar (differential) en ratkas losgekom en in die teerpad vasgeslaan met die gevolg dat die bakkie op sy dak laat beland het.

Hy was glo onderweg na ‘n familielid in Sasolburg wat ‘n sleepwaentjie wou verkoop.
Hoewel hy baie skok was, het hy geen ernstige beserings opgedoen nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
