Local newsNewsNews

Bruide van 2025 kan steeds inskryf

Vaalweekblad se Bruid van die Jaar 2025-kompetisie is steeds aan die gang en inskrywings is gratis.

Bruide het tot aan die einde van Februarie geleentheid om in te skryf vir die 2025-kompetisie.

Bruide van die Vaal en omliggende dorpe (Vereeniging, Meyerton, Vanderbijlpark, Sasolburg, Deneysville, Parys, Frankfort en Vredefort) wat in 2025 die knoop deurgehaak het, word genooi om deel te neem.

Stuur dus jou mooiste troufoto (alleen, of as troupaar) met die nodige inligting (jul name en van, van watter dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penny@mooivaal.co.za.

Al die 2025 inskrywings sal in Vaalweekblad verskyn en sal ook deurlopend op ons webtuiste beskikbaar wees.

Al die nuutste inskrywings verskyn in hierdie week se Vaalweekblad (8 – 15 Januarie).

Hier is ‘n paar van die inskrywings.

Ruzanne & Peet Coetzer van Vanderbijlpark is op 19 Desember getroud.
Warrick en Maureen Peeters van Drie Riviere, Vereeniging, is op 14 Augustus getroud.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button