NewsNews

Omgee en naasteliefde bestaan nog

Een boodskap op Facebook en binne vier dae was daar genoeg geld om Kiri te help.

VANDERBIJLPARK – Dit het met ‘n kort boodskap op Facebook begin. Op 30 Desember het Marita Seyffert geskryf:

“My beste vriend Martin Oberholzer is gediagnoseer met fase 3 kanker. Vir hom om die 12de Januarie te begin met chemo en bestraling, benodig hy R18 000 voor Maandagoggend 08:00.”

Martin Oberholzer en sy bestie, Marita Seyffert, wat die fondsinsamelingsinisiatief geloods het. Foto verskaf/Marita Seyffert

Aangeheg was ‘n plakkaat van een van Hannes Truter se 180 liter, wit eikehout, Jack Daniëls vaatjies wat gewen kon word teen R100 per lootjie.

Teen 2 Januarie het hul genoeg donasies gehad, nie net deur die lootjieverkope nie, maar ook deur mense wat harte en beursies oopgemaak het.

Die eerste tree in Martin se pad na herstel kon 5 Januarie begin. Hy moes eers ‘n groot prosedure ondergaan alvorens daar met die chemo begin kan word.

Martin het in Vanderbijlpark grootgeword en het lank hier gewerk as insleepdiensbestuurder. Almal ken hom as Kiri.

Martin gaan die chemo en bestraling by ‘n staatshospitaal in Klerksdorp ontvang, maar moes die eerste prosedure privaat betaal aangesien die waglyste daarvoor te lank is.

In ‘n video op Facebook het hy almal bedank wat donasies gegee het en aan die loting deelgeneem het.

Sy vrou Lizel het in ‘n WhatsApp boodskap gesê: “Ons is so geseënd deur liefde en omgee en ons sal my man weer ‘n Colgate smile gee na hy in remissie gaan wat hy verdien na alles.”

“Hy het altyd so ‘n passie vir sy werk gehad in die insleepbedryf en Kiri was bekend in Vanderbijlpark.”

Verdere donasies word steeds benodig en kan in die niewinsgewende organisasie, U BEE4 ME NPC, se rekening inbetaal word. Die rekening is by Nedbank en die rekeningnommer is 1234826054. Verwysing: Kiri.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button