NewsNews

Uit die argiewe… Standard Bank personeel van 1978

Erken jy dalk iemand op hierdie foto? Die meeste van hierdie mense het vir dekades in hierdie tak gewerk.

VANDERBIJLPARK – Wie kan nog onthou hoe banke in die 70’s gewerk het? My ma het jare vir Standard Bank in Vanderbijlpark gewerk. Daardie jare was die bank Woensdaemiddae toe, omdat hulle Saterdae oggende oop was.

Geen bankteller of personeel op navrae het ‘n stoel naby hul gehad nie. Daar is met netjies hofskoene aan gestaan die hele dag. Daar was nie ATM’s nie, mense het bankboekies gehad. Om geld te deponeer of te trek moes jy in die bank ingaan, ‘n vormpie invul en dan met jou bankboekie in die ry gaan staan.

Die teller moes eers jou indekskaart uit die groot kabinet gaan haal om jou handtekening te bevestig en elke transaksie is sorgvuldig in bankboekies ingeskryf.

Ek onthou vele van die mense op die foto. Het letterlik voor hul grootgeword. Baie van hulle is nie meer met ons nie. Hul kinders het saam met my huiswerk bo in die personeelkamer gedoen op dae wat naskoolsentrums toe was of nannies nie beskikbaar was nie.

Later jare het ons saam casual in die bank gewerk en uiteindelik het van hulle loopbane in die bank gebou soos hul ma’s en pa’s voor hulle.

Ek het onverwags die foto ontdek en dit was lekker om weer van die gesigte te herken en te onthou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button