Local newsNewsNews

Besoeker lê nuwe klem op dorp se agteruitgang

VANDERBIJLPARK - Daar is steeds baie lewe in Vaaldriehoekse dorpe, maar 'n voormalige inwoner wat onlangs 'n draai in die Vaal gemaak het, het nuwe klem gelê op die agteruitgang.

Die dorpe in die Vaal het oor jare stadig agteruit gegaan tot waar ons ons nou bevind.

Ons het dit na agter in ons koppe geskuif oor hoe die dorpe voorheen floreer het.

Ons beweeg net rondom die probleem … gaan doen maar inkopies op ander plekke. Min inwoners sien kans om dorp toe te gaan, en was jare laas in die middedorp.

‘n Voormalige inwoner wat sowat sewe jaar gelede die Vaal vir die Weskaap verruil het, het gedurende Desember vir familie kom kuier en besluit om te gaan loer hoe die dorp nou lyk.

“Ek was hier gebore, het hier skool gegaan en verder studeer. Hoe die dorp nou lyk was die rede vir my besluit om na die Weskaap te verhuis. Net soos baie ander dorpe in SA is Vanderbijlpark ten gronde weens wanbestuur,” het Gert Kotzee op Facebook gesê, saam met die foto’s wat hy tydens sy besoek geneem het.

Gert was vir jare ‘n bekende gesig in plaaslike ringkontakvegkunskringe. Sy huidige titel is: Shihan at Ring Contact Fighting Arts International Instructor.

Dit is hoe besoekers ons dorp sien. Foto’s deur Gert Kotzee.

Die sypaadjies was jare laas in stand gehou.

Daar is reuse slaggate in verskeie strate in die middedorp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button