Local newsNewsNews

Skoolkinders sterf in botsing op pad skool toe

'n Tragiese toneel is tans besig om op die R553 op pad Sebokeng toe af te speel.

Na wat verneem word was ‘n minimus-taxi, wat onderweg was om skoolkinders skool toe te neem, en ‘n vragmotor in die ongeluk betrokke.

Daar word vermoed dat 11 van die skoolkinders oorlede is.

“Dit is ‘n verskriklike toneel,” het Ettienne van Rensburg (Vaalweekblad-verslaggewer, wie steeds op die toneel is) laat weet.

Die brandweer en nooddienste is ook tans op die toneel.

Daar word gevra dat mense die gebied vermy.

  • Ettienne van Rensburg sal binnekort ‘n meer volledige berig plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: [email protected]
Back to top button