VEREENIGING – Ricus en Ronel van Deventer het gister ‘n groot mylpaal bereik by die Riviera on Vaal Parkrun wat by die Riviera Resort gehou word.

Albei het hul 250ste parkrun voltooi en is verras met ‘n koek, balonne en ‘n groot karton trofee met hordes foto’s van hoe hul oor die jare die parkrun klaargemaak het.
Die twee neem nie net deel aan die parkrun nie, hulle is ook getroue vrywilligers wat al gesamentlik 309 keer vrywillig diens gedoen het.

Dis voorwaar ‘n merkwaardige prestasie en iets waarna almal kan streef.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
