Local newsNews

Flip-flop vir kankerbewusmaking

Slegs R10 om jou plakker vir 'n goeie doel te kry

Suid-Afrikaners word aangemoedig om hul beste voet voor te sit vir kinders en tieners wat met kanker gediagnoseer is.

Ons landsburgers kry op Vrydag 20 Februarie die geleentheid wanneer Flip Flop-dag sy terugkeer maak.

Gelei deur CHOC Childhood Cancer Foundation South Africa, is Flip Flop-dag ’n nasionale fondsinsamelings- en bewusmakingsveldtog wat individue, skole en werkplekke uitnooi om ’n R10 Flip Flop-dag plakker te koop en hul plakkies te dra in solidariteit met families wat deur kinderkanker geraak word.

Om betrokke te raak is eenvoudig… Koop ’n Flip Flop-dag plakker vir slegs R10 by CHOC of Tekkie Town landswyd.

Dra jou plakker en plakkies op Vrydag, 20 Februarie 2026. Moedig vriende, kollegas en gemeenskappe aan om saam te doen. Deel jou foto’s, hutsmerk CHOC, gebruik #FlipFlopDay26 en help om bewustheid te versprei.

Die plaaslike Tekkie Towns is by President Square (087 802 2418), in Vereeniging (087 808 3313) en Sebokeng (087 802 1019).

.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button