VANDERBIJLPARK – Jeugland Dienssentrum bied elke Donderdagoggend ‘n interessante program by die Buitepossaal aan vir Seniors.
Dit sluit praatjies oor verskeie onderwerpe vir senior burgers in en besoekers kan ook hul bloeddruk laat neem en bloedglukose laat toets.
Die byeenkomste word Donderdae vanaf 09:30 tot 11:00 aangebied. Die koste is R10 per persoon.
Dagboek gerus dié lekker kuiergeleenthede in Mei 2026:
7 Mei 2026 – Worsteling (Spreker: Dr. Aubrey Burger)
14 Mei 2026 – Hemelvaart (Spreker: Past. Pieter Kriel)
21 Mei 2026 – Regte van persone met gestremdhede en psigiatriese gesondheidskwessies. (Spreker: Elmé Coetzee, Vaal Mental Health)
28 Mei 2026 – Down to Earth (Spreker: Jean Hansel)
Alle seniors is baie welkom. Skakel me. Katinka Nel of me. Mignon Venter op 016 933 3995 vir meer besonderhede.
