News

Emfuleni stel nuwe boubeheerbrosjure bekend

Emfuleni waarsku teen bouoortredings.

VANDERBIJLPARK – Grondeienaars, ontwikkelaars en kontrakteurs regoor Emfuleni word aangemoedig om hulself met plaaslike bouregulasies vertroud te maak nadat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) ‘n nuwe brosjure oor boubeheer-nakoming bekend gestel het.

Die brosjure is daarop gemik om inwoners te help om die munisipaliteit se vereistes vir boubeheer te verstaan, algemene oortredings te vermy en te verseker dat alle bouwerk aan die toepaslike wetgewing voldoen.

Volgens die munisipaliteit verduidelik die publikasie die mees algemene bouoortredings, beskryf dit die proses wat gevolg word wanneer kennisgewings van oortreding uitgereik word, en beklemtoon dit die belangrikheid daarvan om aan bouregulasies te voldoen. Dit verskaf ook inligting oor die ondersteuning wat die munisipaliteit bied om grondeienaars te help om aan die vereistes te voldoen.

Munisipale amptenare sê nakoming is noodsaaklik om veilige gemeenskappe te skep, grondeienaars en ontwikkelaars teen duur boetes en regsoptrede te beskerm, en verantwoordelike boupraktyke regoor die munisipale gebied te bevorder.

Die munisipaliteit se Boubeheer-afdeling is verantwoordelik daarvoor om toe te sien dat alle bouwerk aan die Nasionale Bouregulasies en Boustandaardewet voldoen. Die afdeling se funksies sluit die goedkeuring van bouplanne, monitering van bouwerk, toepassing van regulasies en die hantering van gevaarlike strukture in.

Inwoners en ondernemings in Vereeniging, Vanderbijlpark, Sebokeng, Evaton, Sharpeville, Boipatong en Bophelong word aangemoedig om die brosjure af te laai en deur te lees voordat enige bou- of opknappingsprojek aangepak word.

Die Boubeheer-nakomingsbrosjure is op die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se dokumentbiblioteek beskikbaar om af te laai.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button