Rugbygemeenskap in rou gedompel
Die strydos van die Vereeniging Rugbyklub se skielike afstwerwe skok die gemeenskap.
VEREENIGING – VEREENIGING – Die rugbygemeenskap rou ná die skielike afsterwe van een van sy lieflingseuns. Johannes van Deventer se tragiese dood het ‘n skokgolf deur die plaaslike gemeenskap gestuur. Medelye stroom steeds op sosiale media in.
Johannes was ‘n kragman wat sy teenstanders in die voorry laat knor het. Hy is onder meer in 2022 as die Vereeniging Rugbyklub (VRK) se Algehele Klubspeler van die Jaar aangewys.
Hy was ‘n ware klubman en het amper 100 wedstryde vir VRK gespeel voordat ‘n ernstige nekbesering sy rugbyloopbaan kortgeknip het.
Hy het altyd geglimlag en diep in spanmaats en medespelers se harte ingekruip.
Hy laat sy vrou en twee kinders agter. Vaalweekblad betuig sy innige medelye en simpatie met Johannes se gesin en familie.
