News

Dané word weer geopereer

Tongoperasie sal haar spraak vergemaklik en sakde herstel.

VAALPARK – Dané Greyling (10), ’n leerder van JCS Independent School in Vaalpark wat ernstig in ‘n noodlottige skoolvervoerongeluk op 8 Oktober beseer is, toon verdere tekens van verbetering.

Haar pa, Dandrè Greyling, het Sondag op Fakkel-gemeente se Facebookblad gesê Dane is rustiger as die vorige dag.

Sy moet Dinsdag 27 Oktober weer ’n operasie ondergaan die keep om haar tong te herstel. Haar tong is ook in die ongeluk beseer.

Volgens haar pa kan sy tans net baie min praat weens die trageostomie in haar keel. Hy probeer so goed moontlik verstaan wat sy sê.

Dandrè het mense gevra om aan te hou bid vir Dane. Hy is bekommerd omdat haar gedagtes soms ver weg lyk en sy dikwels met ’n leë staar na mense kyk.

Hy het sy dankbaarheid uitgespreek oor die herstel wat Dane tot dusver getoon het en alle eer aan God gegee.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button