Dis feestyd by Harry’s en Die Veiling!
Nasionale Braaidag word GROOT gevier op 24 September!
VANDERBIJLPARK. – Harry’s Butchery in Lochvaal iss hierdie week ‘n miernes van bedrywigheid soos wat daar gereed gemaak word vir hul twee groot feeste!
Op 24 September, Nasionale Braaidag, word ‘n opwindende Potjie- en Braaikompetisie gehou. Spanne wat wil deelneem, moet 09:00 aanmeld, en al die vleis moet die oggend by Harry’s Butchery gekoop word.
Daar gaan ook ander watertand geregte wees waaraan besoekers sal kan smul, soos lamspitbraais en heel gerookte vark. Bekostigbare braaipakke kan direk by Harry’s Butchery gekoop word en by Die Veiling kom braai word. Gratis pap en sous sal beskikbaar wees. Lewendige musiek sal onder andere verskaf word deur Lianie May, KevboII, Dusty Dixon en Ricky Faber.
Maak seker jy kom kuier Sondag, 24 September saam by Plot 59, Rietspruit, Lochvaal in Vanderbijlpark. Jy kan jouself solank regmaak vir ‘n onvregeetlike lekker Erfenisdag! Toegang is net R50 per persoon. Kinders onder 12 kom gratis.
* Op Saterdag, 30 September, moet jy wéér inklok by Harry’s vir die jaarlikse Boeredag, wat ‘n vetvee-veiling, talle stalletjies, kindervermaak, boeresport en ander vermaaklikhede vir die hele familie gaan insluit. As jy mal is oor Boerekos soos lam- en afvalpotjie, beesstertpot, pap en kaiings, beestong en lamstertjies gaan jy op die regte plek wees! Daar gaan iets wees vir almal om aan te smul – selfs ‘n Indiese kerrieststalletjie en ‘n stalletjie spesiaal vir dié met ‘n soettand. Gaskunstenaars wat gaan optree is Steve Hofmeyr, Juan Boucher, Loufi, Bernice West, Piet Pompies, Dusty Dixon en Andries Botha. Toegang is R150 per persoon en R50 vir kinders onder 12. Jy kan jou eie kampstoel en gazebo saambring en die hele dag tot laataand onder die sterre saam geniet.
* Dagboek ook nou al Harry’s se Groot Bierfees van 21 Oktober. Daar gaan smaaklike Duitse kos en natuurlik bier en craft beer wees. ‘n Oompah-band en ander kunstenaars soos Fokofpolisiekar, Glaskas en Straatligkinders, gaan optree.
Meer besonderhede oor die feeste en Harry’s se spesiale aanbiedinge is beskikbaar by (016) 987 5062 of 079 809 4063.


