Liefde deur dik en dun
VEREENIGING. – Swaarkry is niemand se maat nie! Daar word nie verniet geskerts dat as armoede by voordeur inloop, loop liefde by die agterdeur uit nie. Dirk en Heila Havenga is egter die uitsondering op die reel. Hulle laat hul nie onderkry nie. Saam het hulle al sewe sakke sout opgeeet. Die tweetjies is onafskeidbaar …
VEREENIGING. – Swaarkry is niemand se maat nie! Daar word nie verniet geskerts dat as armoede by voordeur inloop, loop liefde by die agterdeur uit nie.
Dirk en Heila Havenga is egter die uitsondering op die reel. Hulle laat hul nie onderkry nie. Saam het hulle al sewe sakke sout opgeeet. Die tweetjies is onafskeidbaar en staan daagliks onder die brug op die hoek van Houtkop- en ou Johannesburg weg om ‘n geldjie te verdien. Heila sukkel om te loop, maar Dirk het sy vaardighede as voormalige konstruksiewerker ingespan om ‘n waentjie te bou, waarmee hy haar oral rondsleep.
“Ek wil werk en probeer werk soek, maar ek kannie meer op scaffolding klim nie,” vertel hy.
Volgens Dirk het ‘n weldoener onlangs ‘n rolstoel vir Heila geskenk, maar dat die rolstoel se wiele nie die rowwe terrein kan hanteer soos sy waentjie nie.
Sy vrou het onlangs ook behandeling en medikasie ontvang wat baie help, maar die nood druk nog steeds.
