Local newsNews

Skoolseun oorleef mes-aanval

Seun oorleef nadat hy in hart en long gesteek is

VANDERBIJLPARK. – ‘n Graad 11-leerling van die HS Transvalia sterk tans in die hospitaal aan nadat hy  Vrydagoggend 8 Maart op pad skool toe verskeie kere deur ‘n onbekende aanvaller met ‘n mes gesteek en vir dood agtergelaat is.

Die aanval het oorkant Vaal Mall plaasgevind. Twee barmhartige samaritane, Antoinette en Deon Heath wat toevallig verby die toneel op die hoek van Faradayboulevard en Barrageweg gery het, het gestop om die seun te help.

“Ons ry nie gewoonlik daardie pad nie. Ons was eers skrikkerig, maar het omgedraai en hom gaan help. Hy het in die pad geloop om hulp te probeer kry.

Die mense het om hom gery. Sy hemp was vol bloed. Ons het hom gevra wat gebeur het, toe sê hy dat hy aangeval is. “Toe hy sy hemp oplig, was daar net bloed.

Ons het hom in die kar Die graad11-leerling van die HS Transvalia wat verskeie kere met ‘n mes gesteek is, sterk tans in ‘n plaaslike hospitaal aan. gelaai en na sy huis daar naby geneem. Sy ma was tuis,” vertel Antionette. Volgens die slagoffer se ma, wat versoek het dat sy en haar seun anoniem bly, is hy onder meer in die maag, long, hart en rug gesteek.

“Nadat die mense hom huis toe gebring het, het Rescom die ambulans gebel waarna hy hospitaal toe geneem is en ‘n noodoperasie ondergaan het,” vertel sy ma. Die motief vir die aanval is onbekend. Sy het wel bevestig dat haar seun nie ‘n saak aanhangig wil maak nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button