News

Ons weet wat ons weet: Wat gebeur Paasfees?

Wat gebeur op Paasfees. Die jongspan het 'n paar vreemde idees gehad.

Die Paasnaweek is om die draai. Gerda Bruinette het by Vaalpark se Lumiére Primêre skool by die jongelinge gaan kers opsteek om te hoor wat gebeur op Paasfees?

Rynick Kapp “Paasfees is wanneer mamma’lle die paaseiers wegsteek en dan moet ons dit soek. Gewoonlik in die voorhuis en die kombuis.”

Rynick Kapp

Adrian van den Berg “Paasfees spandeer ons tyd met die familie en eet lekker paaseiers.”

Adrian van den Berg

Wiandré Gericke “Jy gaan hunt vir paaseiers by Abrahamsrust.” (Hy is in graad 1. Hy weet nog nie die plek se naam het verander nie.)

Wiehandré Gericke

Keagan Fourie “Paasfees is tyd vir swem en braai en see toe gaan.”

Keagan Fourie

Skyler van Wyk “Paasfees is wanneer iemand ‘n nommer kry en dan ‘delete’ hul dit op hul fone, want hulle het net vriende op hul fone.” (‘n Mens redeneer nie met ‘n gr. 2’tjie nie.)

Skyler van Wyk

Elhana Griesel Die oomblik was vir die gr 1’tjie bietjie te groot en die tannie te vreemd, maar sy het darem gesê sy hou baie daarvan om paaseiers te eet.

Elhana Griesel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button