NewsSport

Skoolhoof voltooi 30ste Comrades

Die onderwyser, wat sy eerste Comrades in 1991 gehardloop het, het vanjaar uiteindelik sy trippel-groennommer verwerf.

*Die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad verskyn. Kry ons gedrukte koerant op Vrydae vir al die jongste nuus, eerste.

VANDERBIJLPARK. – Vir miljoene Suid-Afrikaners is dit ‘n droom om een, miskien twee Comrades wedlope in hul leeftyd te voltooi.

Laerskool Kollegepark se fikse skoolhoof, Coenie Herbst, het op Sondag 9 Junie sy 30ste Comrades-wedloop kafgedraf!

Mnr. Coenie Herbst, hoof van Laerskool Kollegepark, op ‘n strand in KwaZulu/Natal, met sy groennommer, nadat hy sy 30ste Comrades-wedloop voltooi het. Foto: Christiaan Cloete

Herbst het in 1991 sy heel eerste Comrades as ‘n jong onderwyser en lid van die Vaal Atletiekklub gehardloop.

Hy is daar behoorlik deur die hardloopgogga gebyt.

Hy het sedertdien feitlik elke jaar die Comrades gehardloop, met die uitsondering van 1996, 2008, 2020 en 2021 (toe Comrades weens Covid afgestel is).

Die gevolg is dat hy vandag met 4 Bill Rowanmedaljes (toegeken aan atlete wat die Comrades onder 9 ure voltooi), 25 brons medaljes (toegeken aan atlete wat die Comrades in onder 11 ure volooi) en een Vic Clapham-medalje (toegeken aan atlete wat die Comrades tussen 11 en 12 uur voltooi) spog.

Die skoolhoof hardloop deesdae vir die Nedbank-atletiekklub in Vanderbijlpark en spog ook met ‘n persoonlike beste tyd van 08:24:32 vir die moordende wedloop.

Mnr. Coenie Herbst se trippel-groennommer is die hoogtepunt van jare se harde werk, uithou en opoffering. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button