News

Hernubare energie oplossing vir Meyerton se nuwe winkelsentrum

Die winkelsentrum gaan tot ‘n groot mate sy eie krag opwek.

MEYERTON – Die Riverstone Mall wat na verwagting in Maart 2025 sy deure sal open, sal grootliks op sy eie sonkrag- en batterystelsel steun om die ligte aan te hou.

Alley Roads, een van SuidAfrika se grootste bekostigbare behuisingsontwikkelaars, en Blue Energy Africa, ‘n toonaangewende ontwikkelaar en operateur van ingeboude skoon energie-infrastruktuur, het verlede week aangekondig dat die nuwe winkelsentrum van ‘n unieke energie-oplossing gebruik sal maak.

Die Meyerton Mall sal na verwagting in Maart volgende jaar oop wees vir besigheid.

Die winkelsentrum se battery sal deur ‘n 2.3MWp sonkragpaneelstelsel van krag voorsien word.

Die stelsel sal genoeg krag verskaf om die winkelsentrum byna sonder Eskom se kragnetwerk te laat funksioneer.

Dit sal meebring dat die winkelsentrum 4 000 ton minder koolstofdioksied per jaar in die omgewing vrystel.

Dit is gelykstaande aan ‘n totale koolstofvrystellingsbesparing van meer as 80 000 ton oor 20 jaar, in vergelyking met konvensionele krag wat van die netwerk verkry word.

Bouwerk aan die Riverstone Mall vorder fluks.
Die Riverstone Mall word tans langs Pierneef Boulevard in Meyerton ontwikkel.

Volgens Ivan Pretorius, stigter en uitvoerende hoof van Alley Roads, sal hierdie energie-oplossing nie net ‘n ononderbroke ervaring vir kopers verseker nie, maar ook huurders teen aansienlike stygings in kragtariewe beskerm.

Volgens die jongste bedryfskosteverslag deur die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Eiendomseienaars (SAPOA) maak eiendomsbelasting en elektrisiteitskoste meer as 50% van die totale bedryfskoste van kommersiële eiendomseienaars uit.

Die winkelsentrum sal sy eie hernusbare energie opwek.

Blue Energy Africa sal baanbrekerswerk doen met die installering van ‘n 5.0MWhbattery, een van die grootste batterye van sy soort in die land.

Die battery sal gevoed word deur ‘n 2.3MWp fotovoltaïese (PV) paneelstelsel, wat verseker dat die winkelsentrum tydens gure weerstoestande en in die aande kan werk.

Jan van Ravenswaay, hooftegnologiebeampte van Blue Energy Africa, sê: “Ons is opgewonde om ons vennootskap met Alley Roads Group deur die Riverstone Mallhibriedenergieprojek van stapel te stuur, ‘n belangrike mylpaal in ons skoon-energiereis.

Jan van Ravenswaay, hooftegnologiebeampte van Blue Energy Africa.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button