AdvertorialBusinessNewsSponsored

ESSENSIËLE OLIES – JOU SLEUTEL TOT BALANS EN WELSTAND

Geniet die gerief van aanlyn inkopies by www.justoils.co.za of besoek hulle unieke “olie kroeg” in die Healing Waves Spa gebou, geleë te 4 Frikkie Meyer blvd, eenheid 15, Vanderbijlpark. Hulle kan gekontak word by 016 9311939.

In ‘n wereld van voortdurende gejaag, kan stres,  moegheid en siekte in ons lewens insluip. By Healing Waves Spa se nuwe essensiële olie afdeling, glo ons dat die natuur die sleutel tot die herstel van balans en welstand is.

Op soek na egte essensiële olies met werklike genesende eienskappe? Dan is “Healing Waves essensiële olies”  jou ideale bron – en dalk jou volgende besigheidsgeleentheid!

Waar meeste olies in die mark hulle krag verloor weens swak verbouing en berging, gaan ons die ekstra myl om top gehalte, medisinale plantolies te verkry. Elke olie word direk van gegradeerde boere verkry, streng gesertifiseer en gevarieer vir maksimum doeltreffendheid.

Mede-eienaar, Gilbert Powell sê sy span is toegewyd aan die verkryging van die beste natuurlike olies wat plaaslik en internasionaal beskikbaar is.

Essensiële olies kan in ‘n draer olie topikaal aangewend word en sodoende deur die vel geabsorbeer word om die medisinale aspekte van die olies te benut. Aktiewe bestanddele, soos bv. Thymol en Geraniol, wat in Tiemie olie en Malva olie (Geranium rose) voorkom, kan help om jou DNA te beskerm.

Essensiële olies prikkel jou reuksintuig, ‘n baie kragtige sintuig wat direk verbind is aan die limbiese stelsel in die brein, waar emosies, geheue en verskillende liggaamsfunksies beheer word. Geure soos bv. Roosmaryn is bewys dat dit ‘n beduidende invloed op mens se gemoed het.

Essensiële olies word reeds sedert antieke tye vir terapeutiese en medisinale doeleindes aangewend.

Geniet die gerief van aanlyn inkopies by www.justoils.co.za of besoek hulle unieke “olie kroeg” in die Healing Waves Spa gebou, geleë te 4 Frikkie Meyer blvd, eenheid 15, Vanderbijlpark. Hulle kan gekontak word by 016 9311939.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button