News

Nestlé herroep babamelk weens moontlike gifstofbesoedeling

Die herroeping raak ook Suid-Afrika, waar ‘n spesifieke soort NAN-babamelk as ’n voorsorgmaatreël herroep is.

Nestlé het Dinsdag aangekondig dat hy van sy babavoedingsprodukte herroep weens die moontlike teenwoordigheid van cereulide, ’n gifstof wat deur die Bacillus cereus-bakterie geproduseer word.

Die herroeping raak ook Suid-Afrika, waar ’n beperkte, spesifieke soort NAN-babamelk as ’n voorsorgmaatreël herroep is.

Cereulide kan simptome soos naarheid en braking veroorsaak. Die herroeping raak onder meer SMA-, BEBA- en NAN-babamelk wat in verskeie Europese lande verkoop is.

Volgens die maatskappy het die herroepingsproses reeds in Desember begin nadat ’n gehalteprobleem in ’n bestanddeel van ’n verskaffer opgespoor is. Alle arachidonsuur-olie en verwante oliemengsels wat moontlik geraak is, is daarna deeglik getoets.

Nestlé sê daar is tot dusver geen bevestigde siektes of simptome wat aan die betrokke produkte gekoppel kan word nie, hoewel die herroeping ’n uitdaging vir die nuwe uitvoerende hoof, Philipp Navratil, inhou.

Die produkte is in Oostenryk, Denemarke, Finland, Frankryk, Duitsland, Ierland, Italië, Noorweë, Switserland en Brittanje herroep.

Volgens Brittanje se Voedselstandaarde-agentskap word cereulide nie deur kookwater vernietig tydens die voorbereiding van babamelk nie en kan dit vinnig simptome veroorsaak. Noorweë se voedselveiligheidsowerheid sê egter daar is geen akute gesondheidsrisiko nie.

Oostenryk se gesondheidsministerie beweer meer as 800 produkte uit meer as tien Nestlé-fabrieke word geraak. Nestlé kon dit nie bevestig nie, maar sê dit werk daaraan om voorsieningsonderbrekings te beperk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button