News

Vandag vier ons die koning: Elvis Presley se geboortedag

Die Koning van Rock & Roll word vandag vereer – sy musiek leef voort, selfs 91 jaar later.

Elvis Presley, ook bekend as die Koning van Rock & Roll is op hierdie dag (8 Januarie) in 1935 in Tupelo, Mississippi gebore.

Elvis het die musiekwêreld vir altyd verander met sy elektriese optredes, ikoniese stem en onvergeetlike styl.

Van Heartbreak Hotel tot Jailhouse Rock, sy treffers inspireer steeds generasies, en aanhangers regoor die wêreld vier elke jaar sy nalatenskap op hierdie dag.

Interessante feit: Elvis sou vandag 91 jaar oud gewees het indien hy nog geleef het!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button