News

Voormalige Dokkies-rugbyafrigter sterf in motorongeluk

Meyerton het 'n rugby ikoon verloor.

MEYERTON – Schalk Snyman, ’n voormalige afrigter van Hoërskool Dr. Malan se eerste rugbyspan, is die naweek tragies in ’n motorongeluk oorlede.

Snyman was ’n gerespekteerde beheerraadliggam-ondervoorsitter, toegewyde rugbyafrigter en ’n ware gemeenskaps- en gesinsman. Hy het die lewens van talle spelers geraak en hulle gevorm gedurende hul vroeë rugbyjare.

Op die skool se amptelike Facebook-blad het die volgende verskyn:

“Jou nalatenskap sal voortleef in die lewens wat jy geraak het. Ons dink aan sy vrou Deidre, sy kinders en sy geliefdes.”

Vriendelike en voormalige spelers het ook hul hartseer en herinneringe gedeel:

  • Yolandi McKenzie: “Jou mentorskap, opregte liefde en lojaliteit het ons gehelp vorm wie ons is vandag.”
  • Jaco Bruwer: “Skok was groot vanoggend toe ek hoor van jou heengaan. Een ding weet my maat: Sy Genade is/was vir jou genoeg.”
  • Christelle Potgierer: “Dankie vir die goeie afrigter wat jy vir ons seuns was… Baie sterkte aan sy Hartsmense.”

Schalk Snyman se nalatenskap sal voortleef deur die spelers wat hy gelei het en die vele lewens wat hy geraak het. Sy passie vir rugby, sy studente en sy gemeenskap sal steeds onthou word.

Die Hoërskool Dr. Malan het Schalk Snyman met ’n Facebook-plasing geëer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button